Orania bier proe en toere


Orania Grootrivier Brouery

boetiek bier Suid-Afrika en Kaap Provinsie, vir 'n Orania bier ervaring. Orania Grootrivier bier brouery geleë in die unieke karoo dorpie Orania. ‘n unieke Orania ervaring! Vir die fynproewer wat in Orania wil kom ontspan en die gasvryheid wil geniet, wat net ‘n Orania bierbrouer kan bied.

Met sy unieke smake van drie gesofistikeerde produkte, gebrou om elke smaak klier te tref met ‘n uitklop hou , bied Orania Grootrivier brouery die 3 unieke boetiek bier produkte genaamd Piet, Jan en Koos. Al drie Orania gebroude biere met sy eie unieke persoonlikheid laat tot die sterkste manne kantel van gelantenheid en geselligheid.

Die eienaar mnr Robert Combrinck is al ‘n ingesoute bier maker en Orania inwoner met vele jare se kennis en ervaring. Net so uniek in persoonlikheid en karakter soos die drie groot volksname wat aan die bier toegeken word, bied Orania bier brouery jou ‘n genotvolle geselligheid, waar daar gelag en geskater word, in ‘n karaktervolle wyse.By Orania Grootrivier bier brouery kom elke besoeker meer te wete van die Orania ervaring en die gasvryheid wat net Orania kan bied.

Kom Drink 'n Orania Jan!

Bier Brouery Orania, Bier Brouery Suid-AfrikaOrania Grootrivier bier brouery stel graag aan elke nuuskierige toeris, Oraniër of beginner bier brouer sy drie bier produkte bekend.

Met name uit die volkshelde se geskiedenis kan ons Orania brouery, Suid-Afrikaanse brouery nie anders as om die geskiedkundige pad te loop en die verhaal te begin met die aankoms in die kaap.

Ons eerste bekendstelling begin dus om ‘n Jan van Riebeeck Orania gemaakte bier produk aan die Orania belangstellende bekend te stel: Jan Van Riebeeck, of soos ons Oraniërs hom noem, die lekker ou Jan, het nie net die kaap van storms getem nie, maar het hier as die Bielie van die Bo Karoo sy finale rusplek gevind.

Hier kan OOM JAN die tradisionele Vaal bier, of in engels beter bekend as ‘n “pale ale”, die aangestelde Zoeloe koning se uitlatings met gelatenheid die suidooste wind inslaan, wanneer hy elke bier fynproewer se tone laat omkrul van lekkerte. Met sy effense bitterheid les die Jan Van Riebeeck , trots Orania vervaardigde bier, elke besoeker se dors, terwyl die Zoeloe koning toekyk en met bitterheid weer die stryd gewonne gee. Want die skuld van ‘n Orania bier ervaring lekkerte , rus groot op oom Jan se skouers.

Kom Drink 'n Piet vir die Orania hitte!

Orania Grootrivier boetiek bier produkte Soos die verloop van ‘n Orania vermaaklikheid en ontspanning deur die geskiedkundige geselligheid beweeg, en die Orania Bier brouer se verhaal uitbrei na die dae van die groot trek, vind ons dan vir Oom Piet Retief.

Net soos Orania Grootrivier bier brouer met sy manifes, die geluksaligheid van die vreemde karoo kom aandurf het, so kom oom Piet Orania bier toer Retief die goewerneur met ‘n plan en voeg daad by woord.

Met sy wawiele en met die trekpas aangegee, deur oom Jan, kom hierdie unieke bier (“ALE”), handgemaak uit beukenhout gerookte graan, handig te pas vir die uitspan geleenthede. Met ‘n ekstra skop vir daardie warm Orania karoo somer of vir ekstra hitte op die koue Orania karoo vlakte nagte.

Maak seker die wa-laer lê reg, want as oom Piet gese het ons trek dan trek ons.

Kom Drink 'n Koos en doen die Orania leeu brul!

Suid Afrikaanse bier toere in Orania Sou die Boere en die voggies met ‘n geskiedkundige nadraai die Orania Grootrivier brouery se gesellige atmosfeer tot by ‘n Orania boetiek bier brouery en bier toere ultimatum dryf, dan gaan haal ons, ons groot Generaal, oom Koos De La Rey.

As hierdie Generaal , die leeu van die bo-karoo, sy stem dik maak en brul, dan vind ons hierdie Ierse rooi bier (“Irish Red Ale”).

Met sy geroosterde karamel smake laat hy jou nostalgies terug dink na die soetheid van moedersmelk. Net soos Genl De la Rey altyd in stryd eers die manne vermaan het, so kom die, Orania kunswerk, bier en met sy unieke sagtheid kom vermaan hy.

Wees versigtig want as jy hom laat loop soos ‘n kettie en klip dan haal oom Koos De La Rey met se mauser enige mannetjie bo van sy hings af!

Kontak Orania Grootrivier Brouery

Kom besoek Orania Grootrivier brouery te Stokkiesdraai Avontuur park. Besoek gerus ons bakkiesblad (Facebook skakel hier onder) of kontak Orania Grootrivier brouery vir enige besonderhede of verdere inligting.

Orania Grootrivier Brouery
Amaril Str H31, Orania , Noord Kaap , Suid-Afrika
Vonkpos: robert@grootrivier.co.za
Tel: 060 965 5311
Ander skakels:Volg Orania Grootrivier Brouery 
                    op Facebook